Hierdie is 'n poging om gemeentes wat nie 'n orrelis het nie, te help met sangbegeleiding tydens die erediens. Hierdie is 'n gratis diens en ek hoop nie dat ek enige kopiereg oortree nie (kan 'n mens kopiereg plaas op die dien van die Here?).
Die begeleiding hieronder is dié van Joop van der Ham, waarvan die harmonisasie sy eie is. Let op dat dit hoë kwaliteit opnames is (256kbps) en dat dit daarom redelik groot is {tussen 4 en 6 mB} en daarom langer gaan neem om af te trek van die Internet {ongeveel 5 - 10 minute elk).
U kan net een begelyding op 'n keer aftrek. Indien u die volledige stel van 200 lêers wil bekom, moet u Joop van der Ham persoonlik kontak deur hier
te kliek.
Later sal enkele ander opnames wat op 'n Allen orrel in die Gereformeerde Kerk Pinetown gemaak is deur Ria Lagendijk en enkeles deur Dr Fritz Kruger op hierdie bladsy geplaas word. (Hulle kan u waarskynlik nie opnames verskaf nie, aangesien ek die opnames oorgesit het in MP3-formaat.)
Ek stel 'n aantal sagteware en opleidingsvideo's om die sagteware te gebruik beskikbaar. Hierdie is gratis sagteware.
Vir alternatiewe melodieë kliek hier
.
Om hierdie melodieë tydens die erediens te gebruik moet u vooraf redigeerwerk doen. Dit word hier
uitvoerig verduidelik. Regskliek op die skakel en stoor op u rekenaar - anders gaan die melodie slegs gespeel word. U kan self die aantal verse wat gesing word bepaal asook die tempo en die toonhoogte.
U sal natuurlik 'n rekenaar gekoppel aan 'n goeie klankstelsel nodig hê.
Daar is ook 'n aantal liedere wat gebruik kan word as voorspele en naspele asook tydens die opneem van die kollekte. Weereens hoop ek dat ek geen kopiereg hier oortree nie.
Ek sou graag hierdie lys wou uitbrei! Enige alternatiewe of verdere uitbreidings is baie welkom. E-pos
my!
Dankie
Hennie van Wyk
Psalm |
Skrifberyming |
||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
7-2 |
|||||||||
1-2 |
|||||||||
1-3 |
|||||||||
1-4 |
|||||||||
16-2 |
|||||||||
9-3 |
|||||||||
9-5 |
|||||||||
10-2 |
|||||||||
3-1 |
|||||||||
3-2 |
18-6 |
||||||||
3-3 |
|||||||||
3-4 |
11-4 |
||||||||
12-1 |
|||||||||
12-2 |
|||||||||
4-3 |
12-3 |
||||||||
13-1 |
|||||||||
4-5 |
13-2 |
||||||||
51 |
4-6 |
13-3 |
|||||||
13-4 |
|||||||||
14-1 |
|||||||||
14-2 |
|||||||||
15-1 |
|||||||||